Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  DIE HOOF

Mnr. Prins het in 1991 aan die Paul Roos Gimnasium gematrikuleer en daarna het hy sy B.Com Wiskunde graad en Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.

Sy eerste pos was by Hugenote Hoërskool in Wellington waar hy Wiskunde en Rekeningkunde tot matriek aangebied het.

Mnr. Prins is vanaf 2002 by Hoërskool Montagu aangestel as ‘n  departementshoof in die handelsafdeling. Hy is ook al vir 15 jaar op die skool se beheerliggaam en is verantwoordelik vir die skool se finansies. Mnr. Prins is ook weer die superintendent van Huis van Velden waar hoër- en laerskoolleerders tuisgaan.

Hy word ondersteun deur sy vrou, Sanette, Hoof by Robertson Voorbereide skool  en kinders, Conrad en Carli.