Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  REDENAARS

2017

Senior Redenaars: 4 Mei 2017

Op 4 Mei 2017 is daar met woorde getoor en stemme van ons skool se beste sprekers is gehoor!

Die drie temas was: Mag, Kamera en Eg(g)o. Ons beoordelaars, mev. Kriel en mev. Rossouw, moes omtrent kopkrap om wenners te kies. Elke deelnemer was só oortuigend met sy boodskap dat ons as toeskouers aan elkeen se lippe gehang het.

Op die ou einde is Courtney du Toit en Kyra Conradie gesamentlik aangewys in die tweede plek. Courtney het almal op hulle tone gehad met haar sterk gevoel oor rugbyseuns en hulle ego’s terwyl Kyra die mag van groepsdruk wat ons ondervind, beklemtoon het. Die wenner, Nicole van Zyl, het die groot role en mag van rassisme in ons land met ons gedeel.

 

Dit was ‘n aand waar ons saam gelag het, saam gewonder het en saam ernstig geraak het. Ons bedank juffrou Ina van Heerden vir die spoggerige aand se organisasie, die beoordelaars, al die deelnemers asook die toeskouers. 


 

 

Die doel van die senior en junior redenaarskompetisies  is om die leerders 'n geleentheid te gee om hulle opinie voor 'n gehoor te lig en om te leer om met selfversekering voor 'n gehoor te praat. Baie dankie aan Mev. Ina van Heerden wat kyk na die belangrike afdeling in 'n kind se opvoeding.

 

SENIOR REDENAARS 2016

Die senior redenaarskompetisie het op 28 April in die skoolsaal plaasgevind.  Nikishe Mackay het as die voorsitter opgetree en Mevv van Rooyen en Rossouw as beoordelaars.  Al die toesprake was van hoogstaande gehalte.  Aan die einde van die geleentheid is Nicole van Zyl as die wenner aangewys met Franco van Deventer in die tweede plek.

SENIOR REDENAARS 2016

JUNIOR REDENAARS 2016

JUNIOR REDENAARS 2016

JUNIOR REDENAARS 2016

Op Woensdagaand 21 September het die jaarlikse junior redenaarskompetisie van die Hoërskool Montagu in die skool se biblioteek plaasgevind.  Al die deelnemers is gekomplimenteer vir hul goeie voorbereiding en oogkontak.  Hulle het dit reggekry om die gehoor van hul standpunte te oortuig en selfs van tyd tot tyd te vermaak. Aan die einde van die aand is Kyra Conradie as die wenner aangewys.  Emile Odendaal en Elmari Rossouw het as beoordelaars opgetree en Brent Hendricks was die voorsitter.

Op meegaande foto verskyn die deelnemers van links na regs:

Agter:  Iwan Erasmus, Japie Spies (skoolhoof) en Jacobus Uys

Voor:  Kyra Conradie (wenner), Brent Hendricks (voorsitter) en Cayla Stander