Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  CSV

CSV 2017

Die kringleieropleiding het plaas gevind op 12 Januarie 2017 by NG Kerksaal. Nadat 55 Gr 11 en Gr 12 leerders geëet het, is daar 'n vasvra gehou oor Bybelkennis. Kringleiers is ook interessante feite geleer van die Bybel. Leerders kan hul gerus vra.

Die nuwe jaar se tema: Ken jy jou BYBEL.

Die nuwe bestuur is verkies.

Van links is: Olivia Brunnings (Gr 12 verteenwoordiger), Maryn du Toit (Voorsitter) Zeann Sauer (Onder-voorsitter) en Nicole van Zyl (Gr 11 verteenwoordiger).

 

 

 

CSV 2016

Die VCSV is 'n Christelike vereniging waar ons een keer 'n week in skooltyd bymekaar kom. Die leerders vergader in kringe met 54 kringleiers (Gr11's en 12's) of doen lofprysing in die saal onder leiding van ds. Charl van Rensburg en mev. Louise van Rensburg. Die doel van die VCSV is om die Here te dien en op 'n persoonlike vlak sowel as in 'n groep, geestelik te kan groei.

Aan die begin van die jaar is daar opleiding vir die vrywillige graad 11's en 12's wat kringleiers wil wees. Daar word issues bespreek en die kringleiers leer  mekaar beter ken.  Die VCSV is die grootste organisasie in die skool met 490 lede. Deur die VCSV probeer ons ons skoolleuse van "Sonder God is alles tevergeefs" in ons skool en dorp uitleef!

Vanjaar is Jaco Joubert en Clarise le Grange onderskeidelik die voorsitter en ondervoorsitter van ons tak.  Mercia Booysen is die Gr 12 verteenwoordiger.  Jana den Engelsman is die Gr 11 verteenwoordiger (afwesig tydens neem van foto).

 

CSV BESTUUR 2016

CSV plant bome op laaste skooldag voor Aprilvakansie 2015

CSV PLANT BOME