Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  KRIEKET

2017!

Die o/19-krieketspan van Hoërskool Montagu sluit die seisoen onoorwonne af deur die interskole te wen met 9 paaltjies.

Die eerste span speel 5 wedstryde in totaal. In die eerste wedstryd wen Montagu Ashton met 95 lopies en Janco vd Westhuizen kry 4 vir 15 in 5 beurte. Montagu speel teen Swellendam Sekondêr en wen met 22 lopies waar Ettiene Wiese 3 vir 20 in 4 beurte kry. In die wedstryd teen Ceres kry Angelo Rossouw 73 lopies, nie uit nie, en Montagu wen die wedstryd met 58 lopies.

Worcester HUB teken 127 lopies aan en Montagu wen met 6 paaltjies. Jaco Joubert het 3 vir 20 in 4 beurte gekry het. Gedurende die interskole-wedstryd kry Maxwell Klaasen 3 vir 15 in 5 beurte en Montagu wen met 100 lopies aan vir 1 paaltjie in 11 beurte.

Ons het drie krieketspanne wat aan liga-wedstryde deelneem.  Een dogterspan, 'n o/15 span en 'n o.19 span.

INTERSKOLE 2016

Bredasdorp wen die o/15 wedstryd en Montagu wen die o/19 wedstryd.

EERSTE KRIEKET 2016

BOLAND KRIEKET 2016

Jaco Joubert is opgeneem in die Boland Platteland o/17 krieketspan wat in Desember in Nelspruit aan die SA Kriekettoernooi gaan deelneem.

BOLAND PLATTELAND