Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  ATLETIEK

2017

Een en twintig atlete word in die Noord-Boland span opgeneem vir die Boland byeenkoms wat 3-4 Maart in die Paarl plaasgevind het. Austiando Pieterse (1500m) en Eric

Havenga (hamergooi) verower albei brons medaljes by die Boland byeenkoms. Mareka Conradie,Johané Cockrell, Austiando Pieterse en Eric Havenga word opgeneem in die Boland span. Op die Wes-Kaap byeenkoms behaal Mareka Conradie (spiesgooi) en Eric Havenga (hamergooi) albei ’n vyfde plek in hul onderskeie items. Johané Cockrell het ’n uitsonderlike prestasie behaal deur eerste te kom in die 0/15 diskus. Baie geluk met jou goue medalje en met die afstand van oor die 32 meter. Sy word dan ook opgeneem in die Wes-Kaap span om die vakansie aan die ASA-byeenkoms deel te neem.



Noord Boland byeenkoms

Saterdag 18 Februarie 2017 word die Noord Boland byeenkoms op Bonnievale gehou. 46 van die Montie-span is opgeneem in die Sone-span!

KLEURE-ATLETIEK 2017

Vrydag, 20 Januarie, het die Kleure-atletiek plaasgevind en die onderskeie groepe het gesorg vir ‘n atletiekfees vir die oog  en vir die oor.

Daar is 4 rekords opgestel:

100m S0/19: Greyvino Natal (11,2)

Gewigstoot S0/19: Gregg Gabriel (12,05m)

Gewigstoot S0/17: Eric Havenga (13,35m)

90m Hekkies D0/15: Ajera le Kay breek Juffrou Mari-Lena se rekord na 10 jaar toe sy die afstand met 1 s vinniger afblits.

Die volgende leerders het bekers ontvang:

Shanesia Louw en Zeann Sauer

Shanesia Louw was die Veelsydigste dogter en Zeann Sauer was die Veelsydigste seun.

Jaco Kriel en Ajera le Kay

Jaco Kriel is aangewys as die Junior Victor Lodorum en Ajera le Kay is die Junior Victrix Lodorum.

 

Mareke Conradie en Austiando Pieterse

Mareke Conradie is die Senior Victrix Lodorum en Austiando Pieterse is aangewys as die Senior Victor Lodorum. Die beste prestasie van die dag was deur Austiando Pieterse vir sy 5 000m-tyd.

 

Christiaan Marais

Christiaan Marais het die beker gekry vir sy Positiewe gesindheid en groot sportmanskap die heeldag.

 

Pawiljoenbeker en Spanbeker: Hierdie jaar het die Groenspan albei bekers verower!


 

 

 

 

 

KLEURE-ATLETIEK 2016

 

 

Op Vrydag 22 Januarie het die jaarlikse Kleure-atletiek van die Hoërskool Montagu plaasgevind.  Ons het 'n heerlike koel en bewolkte dag gehad sonder ernstige beserings.  Die Rooispan het uiteindelik die pawiljoenbeker verower vir die beste dissipline, samewerking en sang op die pawiljoen - die eerste keer in baie jare.   

SANGBEKER

Jay-cee Herling en Grace Sargeant is aangewys as die Senior Victor en Victrix Lodorum.  Grace is ook as die veelsydigste dogter aangewys wat die meeste punte vir haar span ingebring het.  Zeanne Sauer is as die veelsydigste seunsatleet aangewys.   Frandon Magiel en Ajera Le Kay is aangewys as die Junior Victor en Victrix Lodorum. Joanè Cockrell het die beste prestasie op die ASA tabel behaal.

BEKERWENNERS

NOORD-BOLAND ATLETE 2016

Die groep atlete hieronder is almal gekies vir die Noord-Boland span wat op 26-27 Januarie aan die Bolandbyeenkoms in Stellenbosch deelgeneem het.

NOORD-BOLAND 2016

WES-KAAP ATLETE 2015

WES-KAAP ATLETE

Vyf atlete van die Hoërskool Montagu het op 13 - 14 Maart aan die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe op Stellenbosch deelgeneem.  Eric Havenga (Silwer medalje in hamergooi) en Fregan Fortuin (Silwer in 3000m en Goud in 2000m Hindernis) is opgeneem in die Weskaap span wat aan die SA Skole Kampioenskappe in Rustenburg gaan deelneem.  Op meegaande foto is Fregan links en Eric regs op die foto.

 

KLIK HIER OM NA DIE ATLETIEK FOTOBLAD TE KYK