Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  MNR EN MEJ HS MONTAGU

MNR. EN MEJ. HOËRSKOOL MONTAGU 2018

Op Woensdag, 9 Mei, het die deelnemers aan Mnr. en Mej. HSM 2018 weer  gewys dat hul stylvol en vol inisiatief is.  Met die tema  “Denim en Diamonds” het die leerders die loopplank betower in die verskeie afdelings. Leerders het ook die gehoor vermaak met puik items wat hul gelewer het.

Die wenners was as volg:  Mej. HSM – Ankia Burger en Mnr. HSM – Maxwell Klaassen.

Mej. Persoonlikheid: Roché Gentleman, Mnr. Persoonlikheid: Roger Schierhout, Mej. Bene: Anke le Grange en Mnr. Lyf: Daniel Dooreward.

 

MNR EN MEJ HSM 2016

WENNERS 2016

MNR EN MEJ HOERSKOOL MONTAGU 2016

Op Woensdag 11 Mei het die jaarlikse Mnr en Mej Hoërskool Montagu in die skoolsaal plaasgevind.  Die tema vanjaar was Into the Woods en deelnemers het baie oorspronklikheid aan die dag gelê om hul gunsteling sprokiekarakters uit te beeld. 

Shanne-Lee Plaatjies en Henry Viljoen is onderskeidelik aangewys as die Mej Junior en Mnr Junior.  In die senior afdeling is Clarise le Grange en Pieter Marais aangewys as vanjaar se Mej en Mnr Hoërskool Montagu.  Op meegaande foto is al die wenners.  Hulle is van links na regs:

Agter: Carla Swart (2e prinses), Erin-Lee Jacobs (1e prinses), Maxine Adendorf (Mej Persoonlikheid), Curlin Saunders (2e prins), Dawro Kock (Mnr Lyf), Henricho de Koker (Mnr Persoonlikheid) en Marco Zachariasse (1e prins).

Voor: Henry Viljoen (Mnr Junior), Clarise le Grange (Mej HSM, asook Mej Bene), Pieter Marais (Mnr HSM) en Shanne-Lee Plaatjies (Mej Junior).

WENNERS 2016