Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  AKTIWITEITE

 

Wat die koshuislewe so lekker maak, is die verskeie aktiwiteite wat 'n instelling geword het en waarna almal elke jaar uitsien.

                              WAATLEMOENFEES

 

Aan die begin van die jaar- na die atletiek- sien almal uit na die waatlemoenfees waar ons lekker waatlemoen eet en die kans kry om mekaar en die diensdoenende onderwysers ordentlik met waatlemoen te smeer. Na die tyd is die gebruik om voor die koshuis op die gras afgespuit en afgedroog te word, want ons mag nie met ‘n taai, nat lyf die nuwe oorgedoende koshuis binne gaan nie.

 

                                KOSHUISDINEE

Aan die einde van die jaar is dit egter ons koshuisdinee ( of afskeid) waarna almal uitsien. Elke jaar kry ‘n ander tema en almal, van die kleinste tot die grootste, behalwe die matrieks, help met die beplanning en opmaak van die saal. Almal word genooi, personeel, leerders, beheerliggaam  en natuurlik die eregaste - ons matrieks. Daar is toesprake waar almal gewoonlik huil en ‘n ongelooflike lekker ete word voorgesit. Sodra die ouers, onderwysers en beheerliggaam egter verdwyn het, is die muise baas en dans die leerders hul voete seer voordat hulle die aand gaan slaap.