Algemene Inligting
TUIS
AKADEMIE
ALGEMEEN
KOMMUNIKASIE
KOSHUIS
KULTUUR
LEERDERSAKE
NUUS
ONDERSTEUNERSKLUB
SOSIAAL
SPORT
KONTAK EN DOKUMENTE
OUDSKOLIER
    Foto Blaaie
Algemeen
Sport
Kultuur
  ONDERSTEUNERSKLUB

Hoërskool Montagu Ondersteunersklub

Die Ondersteunersklub van die Hoërskool Montagu is 'n groep volwassenes wat as Vriende van die skool beskou kan word.  Dit bestaan uit oud-leerders, ouers, oud-ouers, onderwysers en oud-onderwysers.  Enigeen wat die skool goedgesind is, is welkom om lid te wees van die Ondersteunersklub.  Ons wil u aanmoedig om by ons te kom aansluit.

Die doel van die Ondersteunersklub is om die skool te help met fondse en projekte waar die personeel en Beheerliggaam nie noodwendig betrokke is nie.  Dit kan dus as 'n ekstra arm van die skool beskou word.  Ons het mense nodig wat nie bang is om hul tyd en energie vir die skool te gee nie.

  • Lede word voorsien van 'n kaartjie wat getoon moet word om gratis toegang na alle tuis sport geleenthede te verkry. 
  • 50% Afslag vir die gebruik van die klubhuis vir funksies.   
  • Ontvang nodige nuusbriewe en alle inligting aangaande skoolfunksies/byeenkomste per epos
  • 'n Ondersteunershemp asook baadjie kan aangevra word teen billike pryse (kontak sekretaresse)
  • Kry voorkeur tydens skoolfunksies met verkryging van kaartjies en sitplek

Fondse wat deur die Ondersteunersklub ingesamel word, word aangewend vir geleenthede soos uiteengesit onder "Projekte".  Ons is graag op soek na ouers en vriende wat 'n bydrae wil lewer om te help met fondsinsamelings vir die Hoërskool.